NB Publishers

Sign up for our newsletter!

Author Focus

Barend J Toerien
Biographical info

Barend J Toerien is op 29 Maart 1921 op die plaas Steenwerp buite Porterville gebore. Hy matrikuleer in 1938 aan die Hoërskool Porterville. Hy behaal ’n BA-graad in 1941 aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna het hy ’n diploma in biblioteekkunde in 1943 aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Ná sy studies het hy in ’n hele paar biblioteke gaan werk totdat hy in 1947 na Londen vertrek het.


In 1949 is Barend na die VSA, waar hy tot 1962 as bibliotekaris by die Verenigde Nasies in New York gewerk het. Hy het in 1966 ’n plaas in die staat New York gekoop en in 1978 het hy Amerikaanse burgerskap gekry. In 1983 het hy na Suid-Afrika teruggekeer. Barend het daarna gereeld tussen Suid-Afrika, Amerika en Europa gereis.

In 1946 het hy saam met Sheila Cussons, GA Watermeyer en Ina Rousseau in die tydskrif Stiebeuel gedebuteer. Van sy vroeë gedigte is ook in Groot Verseboek opgeneem. Sy eerste digbundel, Gedigte, verskyn in 1960. Van sy ander digbundels sluit in 39 gedigte (1963), Verliese en aanklagte (1973) en ’n Plek op die land: Catskillverse (1985). Hennie Aucamp beskou Barend as “waarskynlik die laaste groot natuurdigter in Afrikaans”.

Op 4 September 2009 is Barend J Toerien op 88-jarige ouderdom in Somerset-Wes oorlede.

Bekronings

Eeufeesmedalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2009)

Lys van publikasies

Poësie
1960 Gedigte, Nasionale Boekhandel
1963 39 gedigte, Nasionale Boekhandel
1973 Verliese en aanklagte, Human & Rousseau
1975 Illusies elegieë oorveë transfusies, Human & Rousseau
1983 Aanvange: verskeuse 1938-1962, Tafelberg
1985 ’n Plek op die land: Catskillverse, Human & Rousseau
1991 Parte speel, Tafelberg
2001 Die huisapteek, Protea Boekhuis
2006 Om te onthou (’n bloemlesing saamgestel deur Louise Viljoen)

Reisjoernaal
1992 Augustus in Moskou, Tafelberg

Geskiedenis
2004 Die wegraak van Frans Joosten, Protea Boekhuis