NB Publishers

Sign up for our newsletter!

Author Focus

Susan Smith
Biographical info

Susan Smith (née Engelbrecht) is op 10 Februarie 1958 op De Aar in die Karoo gebore. Haar grootwordjare bring sy in Bloemfontein deur, matrikuleer aan die Hoërskool Sand du Plessis  en registreer in 1976 as student aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat.   

Gedurende die volgende aantal jare voltooi sy die volgende grade by hierdie universiteit:  B A (Tale) (1979);  HOD (1980);  BA Honneurs  in Afrikaans (1983) en MA in Afrikaans (1986), almal cum laude.  In 1993 behaal sy die graad D Litt aan dieselfde universiteit.   

In 2002 ontvang sy die Premierstoekenning van die Departement van Kuns en Kultuur van die Oos-Kaap vir haar bydrae tot die Afrikaanse taal en letterkunde in die Oos-Kaap.  

Susan Smith is Senior Lektor en Departementshoof van Afrikaans aan die Universiteit van Fort Hare in Oos-Londen.

Sy dig reeds vanaf ‘n jong ouderdom en van haar eerste gedigte verskyn gedurende haar hoërskooljare in die Huisgenoot en die Transvaler.  Sy debuteer in 1997 met 11 gedigte in Nuwe Stemme 1 en van haar gedigte word daarna in verskeie publikasies opgeneem.  ’n Solo digbundel, In die afwesigheid van sin, verskyn in 2012. 

Het jy geweet?

  • Susan word in 2011 aangestel as lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  • Susan is die agterkleinniggie van die bekende digter I.D. du Plessis.
  • Haar gedig, “Sondagoggendduiwe” is deur Gerrit Komrij in Nederlands vertaal vir die Nederlandse bundel, De Onbestemmelingen.
  • Haar dogter, Carien Smith, is ’n belowende dramaturg en word in 2009 gekortlys vir die Nagtegaal Drama-Teksprys vir haar drama Formalien.

 

Boeke steeds in druk

2011 Vonk@Verse 1,NB-Uitgewers
2011 Vonk@Verse 2,NB-Uitgewers
2008 Versjoernaal, Best Books, NB-Uitgewers
2008 Groot Verseboek, Deel 3, Tafelberg-Uitgewers

Lys van publikasies

Bloemlesings:
1997 Nuwe Stemme 1, Tafelberg-Uitgewers
2000 Groot Verseboek, Tafelberg-Uitgewers  
2001 Versreise, Tafelberg-Uitgewers
2001 Raamwerk 11 & 12, Maskew Miller Longman
2007 Pret met Poësie, Best Books, NB-Uitgewers
2008 Versjoernaal, Best Books, NB-Uitgewers
2008 Groot Verseboek, Deel 3, Tafelberg-Uitgewers
2011 De Onbestemmelingen,Uitgeverij Kontrast
2011 Vonk@Verse 1,NB-Uitgewers
2011 Vonk@Verse 2,NB-Uitgewers

 

Poësie
2012 In die afwesigheid van sin, Protea Boekhuis