NB Publishers

Short Stories

Sign up for our newsletter!

About this book

Die Grysland-verblyf | General Fiction

Jaco Fouché

Kwela

This harrowing, unsentimental novella about a young man’s steady descent into schizophrenia is a tale everyone should read.

Fouché captures the maddening loneliness of being – something we have all experienced . . .

Reviews

+ More Reviews

Die Burger
Cecile Cilliers

13/06/2010

Ná die verskyning van Jaco Fouché se vierde boek, 2 dae in Mei in 2007, het Haydee Morgan-Hollander ’n insiggewende onderhoud met die skrywer gevoer. Volgens die teks op LitNet, is die onderhoud per e-pos gevoer, wat op sigself insig gewend is.
Dit is skynbaar tekenend van ’n jonger geslag (waarby skrywers noodwendig ingesluit word) dat hulle hul ál meer op die tegnologie beroep om daar mee, in ’n bepaalde sin, afstand te doen van die betrokkenheid (by die land, taal, selfs by ander mense) wat ’n vroeër (skrywers-)geslag gekenmerk het.
“Ek is jonk, en Afrikaans,” verklaar Fouché, “en teen wil en dank ’n citizen of the world, en as ek oor iets skryf, is dit dalk hieroor.” Oor sy wêreld burgerskap, dus. Erken daarby die onwennigheid om deur herkoms, omgewing, voorkoms of wat ookal, in ’n bepaalde nis gedruk te word, ’n sentiment wat Fouché ook in die onderhoud uitspreek, en sy jongste boek maak verstommend sin.
Eerder as om in die beskikbare nisse ingedwing te word, sê hy, “word ’n mens ’n kunstenaar, ’n dronklap, herstellende verslaafde , ’n televisiester…” Of ’n skisofreen.
Phillip is ’n skilder, jonk nog, maar redelik suksesvol, en het ’n eerste uitstalling agter die rug. Terwyl hy die volgende een beplan, werk hy om den brode (en teen sy sin) in ’n groot korporasie. Gewoonlik aan die rand van sake, selde waar hy hom bevind, rafel hy geestelik stadig uit. Hy hoor stemme, ruik ’n verskriklike stank, word bang dat hy vergif word.
Hy onttrek hom aan die stad, gaan woon in die Karoo, maar mettertyd begin die vervolging ook daar. Hoedat Philip leer om sy siekte te herken en met die hulp van ander (en deurlopende medikasie) daarmee saam te leef, is die tema van Die Grysland-verblyf.
Die novelle is goed gekonstrueer. Vroeg al word die seine gelê wat dui op Phillip se groeiende verwarring en vervolgingswaan. En die ver skil lende stadia van sy skisofrenie en ander se reaksie daarop word goed hanteer – die aanvanklik lang same afspiraal, mettertyd al hoe vinniger, na volslae, onvermydelike waansin. Van die oor tuigendste tonele en karakters in die boek is in die psigiatriese afdeling van die Oranje-hospitaal in Bloemfontein.
Maar tragies soos die tema mag wees, is die aanbieding ver van somber. Fouché het ’n ligte, bykans humoristiese aanslag en ’n wrang ironiese manier van dinge sê.
Skynbaar onbenullige stellings word gelaai met ’n dieper betekenis, en onmiddellik herkenbaar in hul “nisse” is die kunstenaars, die gegradueerdes, die korporatiewe base . . .
Die Grysland-verblyf is ’n reguit, op die man af vertelling, ’n onthullende en soms onthutsende verslag oor die geestestoestand wat as skisofrenie bekend staan.
Fouché se amperse staccato styl verleen aan die vertelling ’n beklemmende realiteit, maar daar is nie ’n sweem van sentimentaliteit of jammerte nie. Onder sy hande word Phillip, ten spyte van sy geestelike afwykings, ’n simpatieke karakter wat die leser saam met hom laat hoop en verlang dat hy tot selfbegrip en heling sal kom.
Hierdie reëele, herkenbare portret van skiso frenie word omraam deur die wete van die vreemdeling op eie werf, van hulle wat nie kans sien vir die gedwonge inpas in die nisse nie.
En met die vertel van Phillip se skisofrenie én heling, breek Fouché se boek ’n lansie ook vir hulle.
KWELA-BOEKE, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 192 BLADSYE.)
Cecile Cilliers is ’n vryskutresensent.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Die Grysland-verblyf | General Fiction


Author: Jaco Fouché
Category: General Fiction
ISBN: 9780795702969
Date Released: 06 April 2010
Price (incl. VAT): R 195.00
Format: Soft cover, 192pp

About this author

Jaco Fouché


Jacobus (Jaco) Phillipus Fouché was born on 29 November 1967 in Klerksdorp. He matriculated in 1985 at Hermanus High School. His first writing in the shape of...

Read more...