NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Speurhond Willem op reis | Picture Books

Elizabeth Wasserman , Chris Venter (Illustr.)

Tafelberg

Adriaan is a bit of nerd and not particularly good at anything. But his dog, Willem, is another story! He is a super secret agent spy dog, known and feared all over the world.

Under the pretence of going on a soccer tour Adriaan and Willem make arrangements to travel to Istanbul, where, in true espionage-style action, Willem’s contact awaits.

From there the hunt for the villain Sybrand Swiffervalk leads them to Venice, Paris, Amsterdam and finally to England.

Download the free Study Guide for parents and teachers, and an activity guide.
 
Click here for an interview with Willem's owner.

Visit WIllem's Facebook page and his blog.

Visit http://www.elizabethwasserman.co.za.

Reviews

+ More Reviews

Die Burger, 9 Augustus 2010
Jeanette Ferreira

09/08/2010

Willem is nie sommer ’n hierjy spanjoel nie. Hy is trouens nie eens ’n gewone hond nie. Speurwerk en avontuur loop in sy bloed en daar is min dinge ­waarvoor hy nie kans sien nie.

Sy taamlik skugtere eienaar, Adriaan, behoort eintlik aan ­Willem, nie andersom nie, want Willem is die een wat besluite neem en uit­voering daaraan gee. In hondejare is Willem al ouerig, maar lank nie koud nie. Om die waarheid te sê, hy kan ’n opponent met ’n karateskop kafdraf.

Eers dag Adriaan daar lê ’n ­lekker wintervakansie voor, maar Willem het ander planne: Hulle gaan op reis. Nie sommer plaaslik nie, nee, hulle gaan ­buiteland toe, en wel in ’n doel­gemaakte krat, per vliegtuig. ­Bestemming: Istanboel. En dit is maar net die begin. Inmiddels meen Adriaan se ouers hy is op ’n sokkertoer – hoewel Adriaan nie juis ’n uit­haler­sokker­speler is nie . . . Maar nou ja, as Willem aan die stuur van ­sake staan, is ­alles moontlik. Hy is die klas speurder wat in ’n man soos Piet Byleveld se liga speel.

Van Istanboel af loop hulle pad deur ’n paar Europese lande (wat terselfdertyd die jong leser se ­kennis van ­geografie opknap). Alles om die unieke silwer tulp se bolle terug te kry wat van die ­regmatige eienaar gesteel is. Vreeslike dinge lê op hul pad: ­agtervolging deur ’n vermomde skurk, ondervraging in ’n polisiekantoor en ’n hittete ontsnapping uit die kloue van ’n heks wat hulle net soos in “Hansie en Grietjie” ewe vriendelik binnenooi; wel, as mens in hekse glo.

Uiteindelik tuis, het niemand buiten die skurke in ­Europa onraad vermoed nie. Net Willem en Adriaan weet van hul wonderlike reis en hul seges.

Avontuur en oorwinnings ­behoort die jong leser enduit ­gevange te hou en aan humor ­ontbreek dit allermins. Dit is ’n wenkombinasie. Wasserman ­ver­staan die kuns om te vertel, en sy verstaan kinders en diere.

’n Mens wonder darem net of Willem, presiese kêrel wat hy is, nie sy wenkbroue sal lig oor ­aspekte van die taalversorging nie, soos kommas wat ontbreek tussen werkwoorde en die ­korrekte plasing van kommas in dialoog. Maar soos ’n mens Willem ken, sal hy dié probleempie seker ook ­oplos voordat Wasserman se ­volgende boek verskyn, want ­hierdie skrywer moet net haar ­lesers met opvolgavonture van die kranige Willem beloon.

Dit is een van daardie heerlike storieboeke wat eintlik vir ­kinders van so tussen 10 en 14 jaar bedoel is, maar ook aan volwasse lesers plesier besorg.

Jeanette Ferreira is ’n skrywer, ­vryskutredakteur en -resensent.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Speurhond Willem op reis | Picture Books


Author: Elizabeth Wasserman , Chris Venter (Illustr.)
Category: Picture Books
ISBN: 9780624048428
Date Released: 26 May 2010
Price (incl. VAT): R 160.00
Format: Soft cover, 144pp

About this author

Elizabeth Wasserman , Chris Venter (Illustr.)


Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch...

Read more...