NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Stoffel in Afrika | Short Stories & Fiction Anthologies

Christiaan Bakkes

Human & Rousseau

The fifth book about Stoffel (the author’s alter ego) and his life and adventures in the wilderness areas of Namibia. In this book he writes for the first time about his gorilla safaris in Central Africa. The world of wildlife conservation, of responsible ecotourism and one man’s passion for the wilderness. A natural storyteller who writes with honesty, simplicity and fine irony.

Reviews

+ More Reviews

Die Burger
Francois Lötter

26/07/2010

Christiaan Bakkes het ná twee ­romans en vier kortverhaal­bundels geen bekendstelling ­nodig onder veral liefhebbers van ware wildernisverhale nie. Eintlik is Bakkes, ’n opgeleide natuur­bewaarder wat al ’n arm in ’n ­dramatiese geveg met ’n krokodil in die Krugerwildtuin verloor het, lank reeds ’n eietydse legende.

Hy woon die afgelope dekade of twee in die noorde van Namibië waar hy in Damaraland betrokke is by onder meer die bewaring van swartrenosters. Van daar lei hy ook toeriste-safari’s na gorillas in ­Afrika.

Stoffel in Afrika is, soos sy ­vorige kortverhaalbundels, boeiende en interessante vertellings van sy ­lewe en werk tussen die ­diere en mense van Afrika. Oudergewoonte is die verhale op werklike gebeure gegrond. Bakkes is ’n ware avon­turier. Hy doen wat baie van ons graag sou wou doen, maar net nooit die moed voor gehad het nie – of steeds het nie. Hy leef nie net sy droom uit in Afrika nie. Hy neem waar wat daagliks om hom gebeur en beskryf dit aan diegene van ons wat so graag in sy skoene sou wou wees.

Hy skryf van hoe hy ­alleen in ’n hoek in die Dorp­straat-teater in Stellenbosch sit en luister na twee studente wat by ’n tafeltjie rooiwyn drink saam met ’n paar ander.

Hy hoor hoe een sê dat dit tog so jammer is dat wit Suid-Afrikaners – verál Afrikaners – so on­betrokke is. Die ander beaam dit en antwoord dat hulle (die ­Afri­kaners) so onwillig is om verby die ongeregtigheid van die verlede te beweeg. Dit is dan dat Bakkes ­beskryf hoe hy na die eikebome en ou, wit geboue van Stellenbosch kyk – “ver verwyder van Afrika.”
Sy boeiende verhale neem ­hierdie studente, sowel as dui­sende ander Suid-Afrikaners, in Afrikaans uit Suid-Afrika na ­Afrika. Hy het sy eie ervarings en ont­moetings met besonderse ­mense – familie, vriende, geliefdes en plaaslike inwoners, sowel as toeriste en ander wat ’n harde lewe in Afrika maak – gebruik om 27 kortverhale te skep wat enige ­dromende rusbankavonturier uit ’n voor­stedelike lewe tot binne in die ­wildernis plaas.

Naas die natuur is geskiedenis duidelik ook een van sy passies en hy gee in verskeie vertellings ­wetenswaardige agtergrond­inligting oor die betrokke mense, ­omgewing en gebeure waaroor hy skryf.

Die hoofstukke waarin hy oor die Anglo-Boereoorlog skryf, voel met die eerste lees daarvan ietwat uit die pas met die res van die verhale, wat handel oor sy eie belewenisse as veldwagter. Tog is dit insig­gewend dat Bakkes se ­oupa­grootjie, ene kommandant Chris­tiaan Daniel Aucamp, ’n ewe ­avontuurlike lewe as sy agterkleinkind gehad het.

Bakkes is ’n storieverteller ­duisend. Veral sy verhale oor die verbysterende wedervaringe saam met sy vrou, Nina, en hul troetel­diere, insluitende ’n hans­gemsbok, Jakob, sal lesers op ’n ­besonderse wyse boei en saam met hulle die wildernis intrek.

Hopelik sal Bakkes nog lank ­tussen die diere van die veld woon om met skitterstories soos in ­hierdie bundel vorendag te kom.

HUMAN & ROUSSEAU, KAAPSTAD. (SAGTEBAND, 183 BLADSYE).

FRANCOIS LöTTER IS ’n SENIOR ASSISTENT­REDAKTEUR VAN DIE BURGER.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Stoffel in Afrika | Short Stories & Fiction Anthologies


Author: Christiaan Bakkes
Category: Short Stories & Fiction Anthologies
ISBN: 9780798151290
Date Released: 08 June 2010
Price (incl. VAT): R 280.00
Format: Soft cover, 176pp

About this author

Christiaan Bakkes


Christiaan Mathys Bakkes was born on August 3 1965 in Vredenburg on the West Coast. He matriculated in 1983 at the Pro Arte Art School in Pretoria....

Read more...