NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Die blou van onthou - Die Luisterboek | Fiction

Marita van der Vyver

Tafelberg

’n Familieroman oor drie generasies vroue, deur een van die gewildste skrywers in Afrikaans. In die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé ’n brief van ’n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dwing haar om alles te onthou wat sy ’n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat ’n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van ’n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en móét onthou. Die blou van onthou is deels ’n Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van ’n bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou soveel omgee vir hierdie familie dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie – deur nuwe oë gesien.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Die blou van onthou - Die Luisterboek | Fiction


Author: Marita van der Vyver
Category: Fiction
ISBN: 9780624074526
Date Released: 13 October 2015
Price (incl. VAT): R 0.00
Format: Audiobook

About this author

Marita van der Vyver


Marita van der Vyver  was born in Cape Town on May 6, 1958. While in matric at Nelspruit High School in 1975 (which was also the Centenary Year for the...

Read more...