NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Professor Fossilus en die dinosourusse | Children's Fiction

Louise Smit , Marjorie van Heerden

Human & Rousseau

As jy van dinosourusse hou, is hierdie net die boek vir jou. Professor Fossilus het sy eie dinosourusmuseum in Salamander, ’n klein dorpie in die Karoo. Omdat sy versameling dinosourusfossiele een van die mees volledige in die wêreld is, gaan ’n professor van Amerika en sy studente hom besoek. Maar professor Fossilus het ’n groot probleem. Sy Trikeratopsfossiel kort nog sy derde horing, en hoe hard hy ook al op Salamanderkop grawe, kry hy nie die derde horing nie. Al uitweg is om maar in tyd terug te reis en ’n derde horing te gaan haal. So bou sy vriend by NASA vir hom ’n tydmasjien en kan hy en die tweeling, Toutie en Ton (dis vakansie) miljoene jare terug tot in die tyd van die dinosourusse gaan. Natuurlik het hierdie tydmasjien ook ’n frekwensie ingebou wat aangeskakel kan word sodat professor Fossilus en die tweeling met die dinosourusse kan praat.

Hulle beleef ’n onvergeetlike avontuur en natuurlik kry die professor sy derde horing. ’n Lekker-lees humoristiese storie vol wonderlike feite, inligting en avontuur.

Illustrations by Marjorie van Heerden.

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Professor Fossilus en die dinosourusse | Children's Fiction


Author: Louise Smit , Marjorie van Heerden
Category: Children's Fiction
ISBN: 9780798143073
Date Released: 01 April 2004
Price (incl. VAT): R 145.00
Format: Soft Cover

About this author

Louise Smit , Marjorie van Heerden


Louise Smit lives in Pringlebaai. She became well known for her very successful TV productions such as Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo,...

Read more...