NB Publishers


Sign up for our newsletter!

About this book

Huisgenoot Smulkos | Food & Drink

Esther Malan

Human & Rousseau

Lus vir lekker eet? Dus presies waarna jy en jou gesin kan uitsien met die smulresepte in dié boek. Met die eerste oogopslag sien jy ou bekendes: worsies, hoender, mieliebrood, vlakoekies ... Maar Huisgenoot-lesers wat Esther Malan se weeklikse resepte ken, weet dat daar niks alledaags aan dié slim kok se disse is nie. Maak jou gereed vir worsies in uie-biersous, hoenderpasteitjes met 'n lekker byt, mieliebrood met spek en rissies, en vlakoekies met 'n roomysvulsel wat dit nóg lekkerder maak. Met elkeen van die geregte in Smulkos wys Esther dat ekonomiese kos nie vaal en voorspelbaar hoef te wees nie. Haar slim kinkels en vindingryke veranderings is geskoei op haar Vat Vyf-kosrubriek waarmee gesinne elke week die rande rek én soos konings smul. Nou het sy meer as 100 resepte in een boek saamgevat om jou lewe in die kombuis makliker te maak. Kom smul saam! 

Buy this book

Available at:

Price:


More information

Huisgenoot Smulkos | Food & Drink


Author: Esther Malan
Category: Food & Drink
ISBN: 9780798178457
Date Released: 15 March 2019
Price (incl. VAT): R 290.00
Format: Soft cover, 240pp

About this author

Esther Malan


Esther is the Deputy Food Editor for Huisgenoot, YOU and Drum magazine for the past 7 years. Every week she contributes a 3-page food segment across all 3...

Read more...