NB Publishers

Sign up for our newsletter!

News & Events

Groot Afrikaanse Romanwedstryd


NB-Uitgewers kondig met trots die volgende Groot Afrikaanse Romanwedstryd aan. Dit is die omvangrykste romanwedstryd in die land met die grootste beloning vir skrywers. Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel.



1ste prys: R200 000
2de prys: R 70 000
3de prys: R 40 000
Debuutprys: R 40 000


Deelnemers se manuskripte kan aan enige van NB-Uitgewers se fiksiedrukname voorgelê word: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela Boeke.

NB-Uitgewers onderneem om die wenmanuskrip(te) te publiseer en het eerste opsie op alle romans wat ingeskryf word.

Draai daar al jare lank ’n storie in jou kop, of soebat karakters jou om hul verhaal te vertel?Dan is nou die tyd vir aksie: Dis die geleentheid om jou Afrikaanse roman by die land se grootste en suksesvolste uitgewery te laat verskyn.

Die sluitingsdatum is 1 September 2017. Manuskripte word vanaf 1 Januarie 2017 aanvaar.

Die wedstrydreëls kan hier afgelaai word (in PDF-formaat).

Pos jou manuskrip aan:


Vir aandag: Rochelle Nel
NB-Uitgewers Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2018 (voorkeurdruknaam)
Posbus 879
Kaapstad
8000

Navrae: 021 406 3412 of romanwedstryd@nb.co.za.

Medianavrae kan gerig word aan Elzebet Stubbe by elzebet.stubbe@nb.co.za

Author Focus

 

Ingrid Mennen

Biographical info

Ingrid Mennen is the author of picture books for children, some of which have been translated into various languages. She studied Afrikaans and English...

Read more...

Latest Releases

Toor met Hoender | Food & Drink

Karen Hart
Human & Rousseau

Looking for a delicious chicken recipe? Most people love chicken and it’s so easy to cook. It’s economical and versatile – equally delicious whether hot or cold...

Read more...

Web | Fiction

Naomi Meyer
Queillerie

Stellenbosch is burning. Meanwhile, in Sophia’s small but safe suburban house, she dreams of Pompeii and of running away. When her little Magriet disappears and...

Read more...
Bookmark with: