NB Publishers

Sign up for our newsletter!

News & Events

In memoriam: Karel Schoeman (26 Oktober 1939 – 1 Mei 2017)


Human & Rousseau (H&R) en NB-Uitgewers verneem met leedwese van die afsterwe van een van ons grootste Afrikaanse skrywers. Die internasionaal bekroonde Karel Schoeman is Maandagaand 1 Mei in die Noorderbloem-aftreeoord in Bloemfontein, waar hy die afgelope 10 jaar gewoon het, dood.

 Kerneels Breytenbach, voormalige uitgewersbestuurder van NB-Uitgewers, sê: “Karel Schoeman se dood kom as ’n groot skok, maar op 'n vreemde manier maak dit sin. Karel Schoeman het alles op 'n eie, unieke manier gedoen. Ook sy heengaan. As uitgewer het mens kennis gemaak met iemand wat enersyds baie formeel en afstandelik kon wees, en andersyds intens medemenslik, iemand wat omgegee het vir die wel en wee van mense. Dit is eienskappe wat ook blyk in sy outobiografiese Die laaste Afrikaanse boek, maar om in die praktyk daarmee kennis te maak, het my altyd diep onder die indruk gebring van hoe ’n besonderse mens hy werklik was. Ek het ook ondervinding van die maniere waarop hy sy formidabele navorsingsvernuf tot ander mense se voordeel kon inspan, iets wat dan ook neerslag gevind het in sy niefiksie en veral sy werke oor die Vrystaat en ons ouerland, Nederland. As mens het hy hom nie maklik laat ken nie, maar in die geledinge van sy romans is dit duidelik dat hy 'n groot waarnemer van gedrag en emosie was, en dat sy afstand op die mensdom nie 'n volledige afsluiting was nie.”

Nèlleke de Jager, Schoeman se uitgewer by H&R, beskryf hom as “een van Suid-Afrika se groot geeste”. “’n Man wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis so deurgrondelik kon oopvlek, kon oopskryf, en tegelykertyd die gawe had van ’n romansier wat die Nobelprys waardig is. Dit is ’n hartseer dag vir ons as uitgewery, maar ook vir alle liefhebbers van Schoeman se oeuvre. Dis eenvoudig ’n verlies wat nie in woorde omskryf kan word nie.”   

“Om byna 20 jaar saam met Karel Schoeman te kon werk aan verskeie van sy boeke, om gereeld met hom te kon korrespondeer, dit was en is een van die mees betekenisvolle en verrykendste ervarings van my hele lewe en loopbaan,” sê Alida Potgieter, voormalige uitgewer by H&R.

Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-Uitgewers, sê: “Dit was vir ons ’n enorme voorreg om Karel Schoeman se boeke uit te gee. Sy roman ’n Ander Land eindig met, ‘Halwerweë op die pad ontdek jy effens verras dat die reis voltooi is, en die bestemming reeds bereik.’ Die einde van sy lewens- en skrywersreis het ons onverhoeds betrap en is ’n onuitspreeklike verlies vir die Afrikaanse letterkunde en sy lesers – vir Suid-Afrika.”

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die spesifieke oorsaak van sy dood te bepaal, hoewel ’n verklaring daarop dui dat dit selfdood was.

 Skepelinge, sy jongste publikasie by H&R, sal in September postuum uitgegee word. 

Author Focus

 

Dianne Hofmeyr

Biographical info

Dianne Hofmeyr lives in London but grew up on the southern tip of Africa.   She qualified as an art teacher. Journeys with notebook and camera through...

Read more...

Latest Releases

Boerekos met 'n twist | Food & Drink

Annelien Pienaar
Human & Rousseau

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140...

Read more...

Groen soos die hemel daarbo | Fiction

Eben Venter
Tafelberg

Simon is a man of the world, familiar with the rules of freedom and unattached pleasure. From Bali to Melbourne, from Tokyo to Cape Town, he seeks out...

Read more...
Bookmark with: