Onverskrokke vroue

Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag

Bettina Wyngaard

ISBN:

9780796322364

Epub ISBN:

9780796322371

Publisher:

Lux Verbi

Date Released:

June 2021

Price (incl. VAT):

R 295.00

Format:

Soft cover, 288pp


About this book:

Vroue speel nog altyd ’n sentrale rol in ons samelewing, beide in die openbare en private sfeer. Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van in die kerk, politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? En het die vrou se rol oor die jare verander?
       Bettina Wyngaard, ’n Overbergse skrywer, dromer, aktivis en regsgeleerde  ontleed dié kwessie in ’n gesprek tussen Bybel en grondwet van toeka tot nou. Sy gaan kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking (“texts of terrors”) en beskryf die omstandighede waarin vroue sedert die Bybelse tye leef en hoe die vrou op talle vlakke tot vandag steeds misbruik word.
       Onverskrokke vroue is 'n omvattende opgaaf van die vrou se uitdagings en oorwinnings sedert Bybelse tye. Dit is 'n goed nagevorste naslaanbron wat nog vir etlike jare relevant sal wees.