Skakel in vir inskrywings
Pryswenners
2023 kykNET-Rapport-Boekpryse
Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse vir Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in 2022 verskyn het, is bekend gemaak.
2023 ATKV-Woordveertjies: Wenners aangekondig
Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.
2022 Sunday Times Literary Award for non-fiction
The non-fiction award criteria ask that the winner should demonstrate the illumination of truthfulness, especially those forms of it that are new, delicate, unfashionable, and fly in the face of power; compassion; elegance of writing; and intellectual and moral integrity.
Wenners van Sanlampryse vir Jeuglektuur 2021 | Winners of 2021 Sanlam Prizes for Youth Literature
Sanlam en Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, kondig met trots die wenners van die 2021-Sanlampryse vir Jeuglektuur aan. Sanlam and Tafelberg, an imprint of NB Publishers, are proud to announce the winners of the 2021 Sanlam Prizes for Youth Literature.
2021 kykNET-Rapport-boekpryse
NB-Uitgewers spog vanjaar met twee kykNET-Rapport-wenners en die Jan Rabie-Rapportprys-wenner. Twee van die Resensiepryse vereer werk wat op NB-Uitgewers se titels gefokus het.
2021 Ingrid Jonker-prys
Die prys word jaarliks beurtelings aan ? Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken.
2021 Andrew Murray-prysfonds
Twee Lux Verbi-titels stap vanjaar weg as die wenners van die Andrew Murray-Desmond Tutuprys en die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys. Ultimate survivor deur Hykie Berg (Lux Verbi) is met die Andrew Murray-Desmond Tutuprys vir algemeen-Christelike publikasies in ’n amptelike taal van Suid-Afrika behalwe Afrikaans vereer. Die verlore seun vannie Gaatjie deur Ivor Swartz (Lux Verbi) is met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutpublikasies in ’n amptelike taal van Suid-Afrika vereer. Die prysoorhandigingsfunksie sal weens die pandemie tot September uitgestel word en sal op Wellington plaasvind.
2021 UJ-pryse: Wenners aangekondig/Winners announced
NB-Uitgewers spog vanjaar met beide wenners van die gesogte UJ-pryse. Skepsel deur Willem Anker (Queillerie) is vanjaar met die UJ-prys vereer. Anker ontvang nou vir die derde maal die UJ-prys. Nog net hy en Marlene van Niekerk het al hierdie prestasie behaal in die prys se 21 bestaansjare. Anker het egter ook al die UJ-debuutprys ontvang. Die enigste ander skrywer wat ook beide die UJ-debuutprys en die UJ-prys al ontvang het, is S.J. Naudé. Pienk ceramic-hondjies deur digter Ryan Pedro (Kwela) is vanjaar met die UJ-debuutprys vereer. ------ NB Publishers walked away with both prizes at this year’s coveted UJ-pryse (for Afrikaans titles). Skepsel by Willem Anker (Queillerie) was honoured with the UJ-prys (main prize). Anker now joins Marlene van Niekerk as the second author to be awarded the UJ-prys three times in its 21 year existence. He and S.J. Naudé are the only authors to have received both the UJ-prys and the UJ-debuutprys (for debut work). Pienk ceramic-hondjies by poet Ryan Pedro (Kwela) was honoured with this year’s UJ-debuutprys.
Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020 bekend
Meer as 80 boeke wat in 2019 by Media24-uitgewerye verskyn het, is vanjaar ingeskryf in ses kategorieë met prysgeld van altesaam R210 000. Die pryse is vanjaar vir die eerste keer in meer as 60 jaar nie persoonlik oorhandig nie. Weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls is die pryswenners virtueel aangekondig. The Media24 Books Literary Prizes are awarded annually for books published by the Media24 Books division and Jonathan Ball Publishers, also part of Media24, during the preceding year. Prizes to a combined value of more than R200 000 are awarded in six categories.
2020 L.W. Hiemstraprys
Die toekenning van die prys word driejaarliks oorweeg vir 'n oorspronklike niefiksie werk in Afrikaans wat nie beperk is tot vakspesialiste nie. Die prys word deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken en deur die Louis Hiemstra Trust geborg.
NB-Uitgewers stap weg met beide toekennings by 2020 UJ-Pryse
Baie geluk, in die twingtigste jaar van die prys se bestaan, aan die skrywers van die wentitels vir 2020: Etienne van Heerden met sy "ambisieuse", "globaliserende", "konfronterende" roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld (Tafelberg) ontvang die UJ-Prys 2020. Die UJ-Debuutprys 2020 gaan aan debutant Ruan Kemp met Gedeeltelik bewolk (Tafelberg) - in die tradisie van die grensroman en "met skrynende humor, onmiddellikheid en eerlikheid op reis deur ‘n toestand van toenemende patologie en institusionalisering". Die prysfunksie sal in die somer van 2020 plaasvind.
Winners of 2019 Sanlam Prizes for Youth Literature Announced
Sanlam and Tafelberg, an imprint of NB Publishers, are proud to announce the winners of the 2019 Sanlam Prizes for Youth Literature. The prizes serve to encourage original and creative writing for teenage readers and young adults (ages 12-18). The prizes are for new manuscripts and are awarded biennially.
US Woordfees Woordtrofeë Boekpryswenners 2019
Die boekpryswenners vir die beste verkope:
SA Akademieprys: Eugène Marais Prize
Die prys word toegeken vir 'n eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan 'n persoon toegeken word.
Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie vir 2019
Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings toegeken aan ’n Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel – die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Die beoordelaars was die digters Zandra Bezuidenhout, Martjie Bosman en Ronelda Kamfer.
Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2019 bekend
Die Media24 Boeke Literêre Pryse word jaarliks toegeken vir boeke wat in die vorige jaar deur uitgewers in die Media24-stal, wat Jonathan Ball Publishers insluit, uitgegee is. Vanjaar is pryse met ’n gesamentlike waarde van meer as R200 000 in ses kategorieë toegeken. Die keurpanele was soos volg: Vir die WA Hofmeyrprys: Francois Smith, Sonja Loots, Kerneels Breytenbach; vir die Recht Malanprys: Max du Preez, Pauli van Wyk en Pierre de Vos; vir die Herman Charles Bosmanprys: Johan Jacobs, Molly Brown en Karl van Wyk; vir die Elisabeth Eybersprys: Bibi Slippers, Alfred Schaffer en Charl-Pierre Naudé; vir die M.E.R.-prys vir jeugromans: Nanette van Rooyen, Henriëtte Linde-Loubser en Jaco Jacobs; en vir die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke: Magdel Vorster, Jaco Jacobs en Aldré Lategan.