Die biblioteek aan die einde van die wêreld

04-12-2019

Etienne Bloemhof gesels met Etienne van Heerden oor sy jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld.

Meer oor die boek:
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.

Die biblioteek aan die einde van die wêreld
Etienne van Heerden

Bestel Etienne van Heerden se splinternuwe roman by jou naaste boekwinkel of aanlyn (ISBN 9780624089216, R360).

Gabeba Baderoon wins 2019 UJ Prize!

27-11-2019

Gabeba Baderoon wins 2019 UJ Prize! The winners of the University of Johannesburg Prizes for South African Writing in English have been announced, with Gabeba Baderoon winning the main prize for The History of Intimacy (Kwela, 2018).

Earlier this year Baderoon also received the Elisabeth Eybers Prize for Afrikaans and English poetry for this same title.

Unlike most literary awards, the UJ Prizes are not linked to a specific genre, as, according to the organisers, the idea is to ‘open the prize to as many forms of creative writing as possible’.

The UJ Main Prize winner will receive R70,000, while the UJ Debut Prize comes with R35,000.

UJ Main Prize shortlist:
- The Ones With Purpose – Nozizwe Cynthia Jele (Kwela)
- The History of Intimacy – Gabeba Baderoon (Kwela)
- A Spy in Time – Imraan Coovadia (Penguin Random House South Africa)

UJ Debut Prize shortlist:
- An Image in a Mirror – Ijangolet S Ogwang (Jacana Media)
- The Broken River Tent – Mphuthumi Ntabeni (Jacana Media)
- The Theory of Flight – Siphiwe Gloria Ndlovu (Penguin Random House South Africa)
- You Have to be Gay to Know God – Siya Khumalo (Kwela)

Valda Jansen wen grootste prys vir Afrikaanse skryfkuns

14-11-2019

Valda Jansen is pas aangekondig as die ontvanger van die Jan Rabie-en-Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2020. Dit is die grootste prys vir Afrikaanse skryfkuns – R430 000.

Jansen het in 2016 gedebuteer met Hy kom met die skoenlappers en het in 2017 die Jan Rabie Rapport-prys vir debuutfiksie ontvang.

Netwerk24 het met Valda gesels oor hierdie nuus:

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jansen-wen-grootste-prys-vir-afrikaanse-skryfkuns-20191114

The International DUBLIN Literary Award

12-11-2019

We are proud to announce that two novels published by Kwela Books (an imprint of NB-Uitgewers/Publishers) are among 156 books nominated by libraries around the world for the 2020 International Dublin Literary Award. Congratulations Nozizwe Cynthia Jele, author of The Ones with Purpose, and Kirsten Miller, author of The Hum of the Sun, on this wonderful achievement!

With the winner receiving €100,000, the Award is the world’s most valuable annual prize for a single work of fiction published in English. Nominations include 50 novels in translation with works nominated by libraries from 40 countries in Africa, Europe, Asia, the US & Canada, South America and Australia & New Zealand.

Organised by Dublin City Council, the 2020 Award was launched today [11th November] by Cllr. Mary Fitzpatrick, representing Lord Mayor Paul McAuliffe, Patron of the Award.

Speaking of the global interest in the Award, the City Librarian Mairead Owens remarked: “This great prize affirms Dublin’s commitment to international writers and translators, to literature and creativity. Through this award Dublin, a UNESCO City of Literature, brings the worldwide community of readers together to read the works of contemporary writers from all corners of the world.”

The full list of 156 titles can be viewed at www.dublinliteraryaward.ie.

The shortlist will be published on 2nd April 2020, and the Lord Mayor of Dublin will announce the winner on 10th June 2020.

The International DUBLIN Literary Award is a Dublin City Council initiative.

Broederband tussen mans in debuutroman ondersoek

24-10-2019
Die ongeskrewe broederband tussen mans sowel as sekere aspekte van manlikheid wat dikwels verswyg word, is onder die loep in Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, Klikbek.

"Daar word tans baie oor toxic masculinity gepraat," sê Gilroy oor sy roman, wat onlangs by Human & Rousseau verskyn het. Lees hier verder aan sy gesprek met AJ Opperman: https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/broederband-tussen-mans-in-debuutroman-ondersoek-20191023

Nataniël-memories prikkel al jou sinne

24-10-2019
"Kyk na my is 'n intelligente, deernisvolle en humoristiese terugblik op die kinderjare van een van Suid-Afrika se bekendste handelsname," skryf Herman Lategan in sy resensie van Kyk na my: Herinneringe aan 'n kindertyd deur Nataniël News Page.

Volledige berig op Netwerk24 skakel:
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nataniel-memoires-prikkel-al-jou-sinne-20191019?fbclid=IwAR2gOvT2nCZNINs9RX5YWiqLwYuqlNvnyysYPAwfgB-S5k7nKl6H-W_2EfE

NB Publishers receives AAP International Freedom to Publish Award

09-07-2019

’n Omstrede en uiters nadelige Wysigingswetsontwerp op Outeursreg word binnekort in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir debat en goedkeuring. Dit is die tweede lesing van die Wetsontwerp wat oorspronklik in Mei 2017 voorgestel is om die Wet op Outeursreg van 1978 te wysig. Die doel daarmee was onder meer om die Wet by te werk om voorsiening te maak vir die digitale era en om beter beskerming aan kunstenaars en skrywers te bied.

Die huidige Wetsontwerp voor die Parlementêre Portefeuljekomitee van Handel en Nywerheid het ’n bedenklike proses gevolg en is swak geformuleer en nie gegrond op duidelike beleid nie. Volgens bedryfs- en regskenners sal dit nie in die praktyk toegepas kan word nie en is verskeie klousules strydig met internasionale verdrae waartoe Suid-Afrika hom verbind het.

Die Wetsontwerp maak voorsiening daarvoor dat kopieregwerke sonder toestemming en dus sonder vergoeding aan die kopiereghouers – skrywers, illustreerders en uitgewers – gebruik word. Dit kan inderdaad die grootskaalse gebruik van kopieregmateriaal moontlik maak, in so ’n mate dat boeke in sekere omstandighede in die geheel vir “opvoedkundige doeleindes” gekopieer kan word. As sodanig bedreig dit die regte en voortbestaan van skrywers en uitgewers – veral van opvoedkundige werke.

PricewaterhouseCoopers (PwC) het in opdrag van die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n impakstudie gedoen (om te kompenseer vir die Departement Handel en Nywerheid se versuim in dié verband), wat aangetoon het dat die uitgewersbedryf ongeveer R2.1 miljard (of 33%) per jaar sal verloor in omset. Dit is uit hierdie verkope van boeke wat skrywers hulle brood verdien, want hulle tantième is ’n persentasie hiervan.

Die Wetsontwerp word afgejaag, en geldige besware en kundige advies word geïgnoreer. Ons glo dat dit strydig is met internasionale verdrae wat deur Suid-Afrika onderteken is, en ook met die Handves van Menseregte in die Suid-Afrikaanse Grondwet.

’n Aantal organisasies, waaronder PEN Afrikaans, PEN South Africa, Vereniging vir Akademiese en Niefiksieskrywers van Suid-Afrika (ANFASA) en ander, staan saam in voortgesette protes deur middel van ’n petisie wat deur LitNet gefasiliteer word. Hier is die skakel na die petisie: https://www.litnet.co.za/south-african-authors-protest-against-copyright-amendment-bill/  

Skrywers en uitgewers is saam in hierdie verknorsing want die een oorleef nie sonder die ander nie. Onderteken die petisie gerus in jou persoonlike hoedanigheid. Ek het dit reeds gedoen in sowel my persoonlike (met my eie besonderhede) as my professionele hoedanigheid (namens NB-Uitgewers).  

Die petisie sluit Vrydag, 30 November 2018 om 5nm. 

Oproep om ons skrywers en ons bedryf the beskerm