SPLINTERNUUT

BINNEKORT

Voorgestelde

{{ videoBlock.displayTitle }}

{{ videoBlock.displayTitle }}

SKRYWERS & ILLUSTREERDERS

Jaco Wolmarans

Jaco Wolmarans is 'n vryskut-videovervaardiger, -fotograaf en -kopieskrywer. Hy woon in Milnerton.
Lees meer

Arina du Plessis

Arina het van kleins af 'n passie vir kos. Haar loopbaan as kosjoernalis en-stilis het in die redaksiespanne van verskeie tydskrifte begin. Sy is tans die kosredakteur van die tydskrif Landbouweekblad en ook redakteur van die gewilde kostydskrif Landbou Boerekos. Sy is die skrywer en medeskrywer van sewe resepteboeke.
Lees meer

Johannes de Villiers

Johannes de Villiers is tans mede-einaar van The Hot Yoga Studio op Stellenbosch. Hy skryf al jare lank beide as outeur en as joernalis, en was voorheen verbonde aan Huisgenoot en Rapport. Hy skryf ook artikels vir Die Burger, BY en Rooi Rose.
Lees meer

François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. François is 'n vryskut-taalpraktisyn en woon in Durbanville.
Lees meer

Elsa Winckler

Elsa Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die gesogte ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen vir Tussen jazz en rock (LAPA) in 2010, Te eenders, te anders (Satyn) in 2014, en Liefde in laslap (Satyn) in 2016. Sy woon op Bettysbaai.
Lees meer

Deon Meyer

Deon Meyer is voltyds skrywer en woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015 en Koors, 2016). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon.

Lees meer

Dana Snyman

Dana Snyman is ’n bekroonde en geliefde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam. Sy TV-reeks, Op pad met Dana, is uiters gewild. Die vierde reeks het in April 2019 begin. Hy het meer as 25 000 volgelinge op Facebook, waar hy van sy aweregse, ontroerende stories deel, dikwels met oorweldigende reaksie van lesers.
Lees meer

Christine Ferreira

Christine Ferreira is die redakteur van die vrouetydskrif Lééf. Sy tree ook dikwels op as spreker. Vantevore was Christine deel van die tydskrif SARIE se redaksie, waar sy vir bykans tien jaar skoonheidsredakteur was. Christine woon in Johannesburg en is getroud met Johan, 'n pastorale sielkundige.
Lees meer

Chris Karsten

Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis. Sy debuutroman, Frats, ontvang in 2008 die ATKV-prosaprys en in 2010 word Seisoen van sonde bekroon met die ATKV-prys vir Spanningslektuur. In 2011 ontvang Karsten beide die ATKV-prosaprys en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking
Lees meer

Facebook Likes

Youtube subscribers

Twitter followers

Instagram followers