The Life of Worm & Other Misconceptions is 'n versameling kortverhale deur die gerekende Suid-Afrikaanse skrywer Ken Barris. Hierdie verhale kombineer die alledaagse met surrealistiese en fantastiese elemente: die titelverhaal handel oor Worm, 'n hond; in een verhaal redekawel 'n man en vrou oor 'n lamp; en in 'n ander verhaal ontmoet 'n man 'n bobbejaan wat kan praat. Die verhale beskryf die menslike toestand in Barris se liriese maar ongekunstelde styl.