Die Stoetmeester

Etienne van Heerden

ISBN:

9780624047100

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Augustus 2008

Prys (incl. VAT):

R 375,00

Formaat:

Sagteband, 336pp


Oor hierdie boek:

ATKV-prosaprys (1994)

God sou nooit só 'n spesie bedink nie,” sê Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas. Die bokke het 'n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom.

Húlle, die weemoedige bokke met die spottende geel oë, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap - en dis belangrik in die tyd van die groot politieke ommekeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die spits.

Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond. En rondom hulle, in twee wêrelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd.

Dis hiér waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, déúr die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwêreld van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak.

Die stoetmeester is, ná die satiriese roman Casspirs en Campari's, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. 'n Storie soos min, wat opstaan uit die weeïge maar grootse landskap van die Kei.

VERWANTE BOEKE

Toorberg

Etienne van Heerden

Asbesmiddag

Etienne van Heerden

30 Nagte in Amsterdam

Etienne van Heerden

Klimtol

Etienne van Heerden

Die wêreld van Charlie Oeng

Etienne van Heerden

Tussen vriende

Derick van der Walt

Die goudbaronne: Die Mannheim-sage 3

Lerina Erasmus

Spertyd

Elsa Joubert

Hans steek die Rubicon oor

Rudie van Rensburg

Goudmyn

Wilbur Smith

Die vrou in die blou mantel

Deon Meyer

Stormkind

Riana Scheepers

Ys

Rudie van Rensburg

Die dao van Daan van der Walt

Lodewyk G. du Plessis

Selma en Louise

Susan Coetzer

Dors

Marinda van Zyl

Dubbelspiraal

André Jansen

Stroomop

Ivan Botha

Liefde in die tyd van die internet

Fransi Phillips

Die daggaboer

Jean-Pierre de Kock

Wat het geword van Dinsdag?

Tinus Horn

Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Annie Klopper

Die vertes in

Zirk van den Berg

Stof

Alettie van den Heever

Sondag

Irma Venter

'n Tuin vir Tessa

Helena Hugo

Die troebel tyd

Ingrid Winterbach

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Charl-Pierre Naudé

Kinnes

Chase Rhys

Prooi

Deon Meyer

Die Generaal

Hans Pienaar

Sewe dae by die Silbersteins

Etienne Leroux

Die uur van die engel

Karel Schoeman

Bos

Jaco Wolmarans

’n Soort van bevryde vrou

Kristel Loots

Ek wens, ek wens

Zirk van den Berg

Medusa

Rudie van Rensburg

Die verevrou

Jan van Tonder

Die dekonstruksie van Retta Blom

Zelda Bezuidenhout

Sondes van die vaders

Lerina Erasmus

Mooier as Marilyn

Anita du Preez

Gedeeltelik bewolk

Ruan Kemp

Die kind uit die wingerd

Helene de Kock

Die boek van gelukkige eindes

Debbie Loots

Die kinders van Spookwerwe

Lize Albertyn-du Toit

Hond se gedagte

Kerneels Breytenbach

Klikbek

Sidney Gilroy

Die wolkversamelaars

Nadia de Kock

Vloek

Rudie van Rensburg

My naam is Prins, ek slaap met die lig aan

Christine Barkhuizen-le Roux

Klapperhaar slaap nie stil nie

Kirby Van der Merwe

Nadraai

Jaco Kirsten

Sewe-en-veertig

Irma Venter

Anderman se vrou

Chris Karsten

Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Etienne van Heerden