- Fiksie
- Afrikaanse roman
30 Nagte in Amsterdam
Etienne van Heerden
ISBN:
Uitgewer:
Datum Vrygestel:
Prys (incl. VAT):
Formaat:
Sagteband, 352pp
Oor hierdie boek:
UJ-prys vir beste skeppende skryfwerk in Afrikaans (2009)
WA Hofmeyr-prys (2009)
M-Net-toekenning vir beste oorspronklike roman in Afrikaans (2009)
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geërf het.
In sy kinderjare was Tante Zan, 'n pragtige maar eksentrieke vrou, die een met die kwaal, die onhebbelike gewoontes en die onverwagse toevalle. Maar ook die een met die geheimsinnige glaskamer en die avonture waarvan niemand geweet het nie.
Henk is 'n voetjie-vir-voetjie-navorser, die skrywer van dun boekies waarin hy die lewens van onmerkwaardige mense opteken - soos die beoogde boek oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê.
En nou erf Henk Tante Zan se huis. Tante Zan met die geheime lewe, waarvan Henk in Amsterdam gaan uitvind. Ook Tante Zan, die aktrise met die onverwoesbare erotiese drif en die politieke aktivis met die voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die Luandese straatmusikant van die Leidse plein.
Henk kan sy erfporsie slegs opeis deur te reis na Amsterdam, waar hy ingesuig word in die maalstroom van die Amsterdamse binnestad met sy sakkerollers, prostitute en straatmusikante.
Sy ervaringe in Nederland konfronteer hom met sy kinderjare saam met Tante Zan in die huis van sy ouma. Vir Henk wag groot verrassings oor sy tante se merkwaardige lewe op twee kontinente - en die invloed wat dit op sy eie lewe gehad het.
Ten slotte moet Henk kies of hy in Amsterdam gaan woon, en of hy na Suid-Afrika gaan terugkeer. Maar eers moet hy alles oopvlek wat van hom weggesteek is, en sy eie lewe opnuut leer ken. Sy dertig nagte in Amsterdam verander die besadigde Henk de Melker se lewe vir altyd.
VERWANTE BOEKE
Bloedsomer
Sidney Gilroy
Die laaste leuen
Anita du Preez
Sarah plus een
Kristel Loots
Op pad na 'n klooster in die sneeu
Johannes de Villiers
Die man van elders
Helene de Kock
Haas en Harriët
Susan Coetzer
Al die swendelaars
Chris Karsten
Duifeling
Lize Albertyn-du Toit
Die ooggetuie
Wilna Roux
Is jy orraait, Elizabeth?
Rozaan de Wet Boer
Een keer om die son
François Bloemhof
Sekelmaan
Jaco Wolmarans
Donkermaan
Jaco Wolmarans
Rooisand
Jeremy Vearey, Kirby Van der Merwe
Leeumens
Rudie van Rensburg
Drie moorde in die Baai
Madelein Rust
Waar bloed kruip
Marieta Carrick
Hemel en aarde en ons
Zirk van den Berg
Heks
Dibi Breytenbach
Eleksie op Erdvark
Rudie van Rensburg
Weg is nie 'n plek nie
Santie van der Merwe
Roulette
Sidney Gilroy
Drie misdade in 'n knoop
Eleanor Baker as Alex Muller
Al wat tel
Irma Venter
Ontvoer
Constant van der Merwe
Die vuur huil
Allen Grootboom
Aan die hemeltrans
Anton Roodt
Die rooi angelier
Eleanor Baker as Alex Muller
Skorpio
Deon Meyer
Die drie weduwees
Irma Venter
Volmaan in Baviaanskloof
Jeanette Stals
Hans hou bruilof
Rudie van Rensburg
Soetdoring in die ruigtes
Christiaan Bakkes
Gebooie
Rudie van Rensburg
Einde en begin
Michèle Meyer
Die keiser se duim
Chris Karsten
Rebecca (Hersiene uitgawe)
Wilna Adriaanse
Drome het ook asem
Helene de Kock
Het van Verlangekraal
Leon van Nierop
Die dood van Rachel April
P.P. Fourie
Bloed van 'n vlinder
Marieta Carrick
Die man wattie kinnes vang
Nathan Trantraal
Twyfelbos
François Loots
Bessie se hangkasbiblioteek
Madelein Rust
Onrus op Steynshoop
Ingrid Winterbach
Die Onsigbare
PJO Jonker
Die vyf susters
Eleanor Baker as Alex Muller
Die avonture van Helga Roets
Riaan Grobler
Patmos
Willem Anker
Onder water
Henda Olivier