Annelize Morgan Omnibus 8

Annelize Morgan

ISBN:

9780624083306

Epub ISBN:

9780624083313

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Augustus 2017

Prys (incl. VAT):

R 260,00

Formaat:

Sagteband, 544pp

Imprint:

Jasmyn


Oor hierdie boek:

​Wit roos van geluk
Geluk kom partykeer langs vreemde weë. Toe Rosalie se moeder haar lank gelede op oom Markus se stoep kom neerlê het, was daar ’n kort briefie en ’n wit roos by die baba.            
Dit was ’n wit roos van geluk en haar moeder, wat nie meer lank sou lewe nie, soos Rosalie later ontdek het, het haar baba op die drumpel van haar toekomsgeluk kom neerlê, maar dit het Rosalie eers jare later besef – toe iemand anders ’n bos spierwit rose vir haar gebring het . . .            
Maar voordat dít gebeur het, het Rosalie deur diep water gegaan, want oom Markus se suster Hanna en tant Hanna se kinders wou haar nie op die plaas hê nie, en die man wat sy liefgekry het en wat háár ook liefgehad het, sou nie met haar kon trou nie – sy skatryk pa sou nie toelaat dat sy enigste seun met ’n aangenome kind trou nie . . .

​Huis sonder liefde

Toe Nora Fouché in Pretoria aankom om ’n rukkie by haar vriendin, Isolde Keppler, te gaan kuier, het sy gedink sy gaan ’n welverdiende ruskansie geniet. Die oomblik dat sy egter oor die drumpel van die Kepplers se luukse huis stap, besef sy daar is iets verkeerd. Iets verskriklik verkeerd. Alles, vanaf die skildery waaruit Isolde se oorlede stiefmoeder die hele huishouding met beskuldigende oë dophou, tot die afsydige tuinier, Anton Vermeulen, is in ’n wolk van geheimsinnigheid gehul. En wanneer Isolde dan nog, gedurende ’n wilde jaagtog ná ’n bakleiery met haar verloofde, Stephen Wright, van haar perd afval en verlam uit die ongeluk kom, verdiep die geheim van die Keppler-huishouding nog erger.
Die naam Paul van der Hoff duik soos klokslag in elke fluistergesprek op. Paul van der Hoff, die enigste seun van Clara Keppler uit haar vorige huwelik. Paul van der Hoff wat meer as ’n dekade gelede diep in Afrika verdwyn het en nou, na al die jare, op pad terug is om sy regmatige deel van dit wat hom toekom te kom eis. Watter onverklaarbare houvas het Van der Hoff op Hans Keppler, Isolde se pa, dat hy selfs bereid is om sy verlamde dogter op te offer nét om die gehiemsinnige man te vermy. En watter houvas het die oënskynlik dierbare dokter Jameson, wat Isolde behandel, en sy handlanger verpleegster, Agnes Bennet, op Hans Keppler dat hy soos klei in hulle hande is? En bo alles, watter verskriklike geheim lê opgesluit in die verlore dagboek van Clara Keppler, die dagboek waarna almal só naarstiglik soek.

Silwer drome

Oswald van Noordwyk, die tiran van Overkruin-landgoed, sterf voodat hy vir Verona alles omtrent haar verlede vertel. Onopgeloste kwessies spook nou by Verona: Hoe is haar ouers dood? Is hulle grafte werklik iewers in die Amasone? Wat is die oorsprong en betekenis van die hangertjie wat haar ouers aan haar nagelaat het?
Oswald van Noordwyk laat aan Verona ’n opdrag na: Vind Konrad. Hy het jare gelede in die woude van die Amasone verdwyn, maar moet nou oor Overkruin kom heers.
Verona besluit om Amasone toe te gaan op ’n tweeledige ekspedisie: Sy wil haar ouers se grafte gaan soek én sy wil haar jeugliefde, Konrad, opspoor. Sal hy haar nog onthou? Sal hy antwoorde op haar vrae hê?
Maar belangriker: Lewe hy nog?
Die geheimsinnige Vasques verskyn uit die niet om talle kere Verona se lewe te red. Sal die spanning van ’n emosionele tweestryd en talle ontberings egter sy tol eis?

VERWANTE BOEKE

Wierook van verlange

Annelize Morgan

Christine le Roux Keur 2

Christine le Roux

Hartklop Omnibus 3

Malene Breytenbach

Marlene en die macho man

Anita du Preez

Ena Murray Keur 14

Ena Murray

Vet feetjies vlieg nie

Kristel Loots

Louisa du Toit Omnibus 11

Louisa du Toit

Pad na Geluk

Moryn Hanzen

Omdat jy jy is

Elsa Winckler

Liefde onbeperk

Luné Olivier

Ena Murray Keur 15

Ena Murray

Melodie Omnibus 2

Maretha Maartens (LV)

Helene de Kock Keur 2

Helene de Kock

Schalkie van Wyk Keur 14

Schalkie van Wyk

Geliefde heler

Malene Breytenbach

Christine le Roux Keur 3

Christine le Roux

Chirurg van harte

Susan Pienaar

Waar liefde begin

Schalkie van Wyk

Ena Murray Keur 16

Ena Murray

Vlug na Santorini

Malene Breytenbach

Satyn Omnibus 7

Anita du Preez

Tweede kans op liefde

Elza Rademeyer

Hartklop Omnibus 4

Malene Breytenbach

Droomkrans se engelman

Moryn Hanzen

Helene de Kock Keur 3

Helene de Kock

Om met vuur te speel

Lucille du Toit

Ena Murray Keur 17

Ena Murray

Christine le Roux Keur 4

Christine le Roux

Elsa Winckler Eerste Keur

Elsa Winckler

Sophia se beskermengel

Malene Breytenbach

Schalkie van Wyk Keur 15

Schalkie van Wyk

Onverwags myne

Susan Pienaar

Legkaart van die liefde

Renda de Waal

Louisa du Toit Omnibus 12

Louisa du Toit

Helena Hugo Eerste Keur

Helena Hugo

Die eks-noodgeval

Cecilia Steyn

Omdat jy my liefhet

Elsa Winckler

Melodie Omnibus 3

Malene Breytenbach

Ena Murray Keur 18

Ena Murray

In my drome

Malene Breytenbach

Ter wille van geluk

Naretha Franken

Ultrasatyn 3

Lucille du Toit

Droomberig

Luné Olivier

Fransi en die filmster

Anita du Preez

Satyn Omnibus 8

Ettie Bierman

Op liefde se drumpel

Elza Rademeyer

Operasie droomvrou

Jade Mc Menamin

Helene de Kock Keur 4

Helene de Kock

Ena Murray Keur 19

Ena Murray

Helena Hugo Tweede Keur

Helena Hugo

Christine le Roux Keur 5

Christine le Roux