Satyn Omnibus 7

Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman

ISBN:

9780624084532

Epub ISBN:

9780624084549

Uitgewer:

Tafelberg

Datum Vrygestel:

Februarie 2018

Prys (incl. VAT):

R 260,00

Formaat:

Sagteband, 512pp

Imprint:

Satyn


Oor hierdie boek:

In Wanneer ’n droom waar word het Carmia Basson geen ander keuse as om uit haar werk as junior verslaggewer by ’n Durbanse streekkoerant te bedank nie. Gelukkig word sy spoedig aangestel as assistent van die bejaarde skrywer Margo Vermeulen – ’n pos wat inwoning op Skamanga, die Vermeuleuns se spoglandgoed aan die Natalse Noordkus, insluit. Dit klink alles idillies, behalwe dat Deneys, Margot se kleinseun wat deur haar grootgemaak is, Carmia nie op die plaas wil hê nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle twee, maar teen haar sin vind Carmia die beduiwelde Deneys onweerstaanbaar. Hy is onbehoorlik aantreklik, en baie sjarmant as hy die dag lus het. Maar sy is nie die enigste een wat so dink nie – ook Tasha Alexander, die wulpse buurdogter en ’n bekende perderuiter, het ’n ogie op Deneys.

In Dokter Dierbaar het Vicky Serfontein ’n rampspoedige eerste ontmoeting met dokter Paul Venter, internasionaal bekende plastiese chirurg en hopeloos te aantreklik vir enige vrou se bloeddruk. Boonop skraap sy agterna sy luukse Lamborghini in die parkeergarage met haar oeroue Mazda. Toe hy haar uit die bloute werk aanbied, kan sy nie anders as om dit te aanvaar nie, want sy het geen ander manier om die skade aan sy motor te betaal nie. Kort voor lank begin sy ook vrees vir skade aan haar hart, maar Paul Venter is die lááste man by wie sy betrokke wil raak. Want as sy die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo, is hy ’n regte wolf . . . met hope vroue in sy lewe.

In Geërfde liefde besef Nikki Swart dat sy net een uitweg het – om te boer. Sy het tot dusver net die diamantkant van die lewe geken, maar sy word deur omstandighede gedwing om haar deel van haar oorlede oupa se plaas in die noorde van Zambië op te eis. Sy moet op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is ’n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak. Nikki is egter nie van plan om moed op te gee nie. Die dood, het sy reeds besluit, sal genadiger wees as nóg ’n mislukking . . .

VERWANTE BOEKE

Letitia en die lektor

Anita du Preez

Satyn Omnibus 6

Ettie Bierman

Ettie Bierman Keur 12

Ettie Bierman

Christine le Roux Keur 2

Christine le Roux

Marlene en die macho man

Anita du Preez

Ena Murray Keur 14

Ena Murray

Hartklop Omnibus 3

Malene Breytenbach

Vet feetjies vlieg nie

Kristel Loots

Louisa du Toit Omnibus 11

Louisa du Toit

Pad na Geluk

Moryn Hanzen

Annelize Morgan Omnibus 8

Annelize Morgan

Omdat jy jy is

Elsa Winckler

Ena Murray Keur 15

Ena Murray

Liefde onbeperk

Luné Olivier

Melodie Omnibus 2

Maretha Maartens (LV)

Schalkie van Wyk Keur 14

Schalkie van Wyk

Geliefde heler

Malene Breytenbach

Helene de Kock Keur 2

Helene de Kock

Chirurg van harte

Susan Pienaar

Christine le Roux Keur 3

Christine le Roux

Waar liefde begin

Schalkie van Wyk

Ena Murray Keur 16

Ena Murray

Vlug na Santorini

Malene Breytenbach

Tweede kans op liefde

Elza Rademeyer

Droomkrans se engelman

Moryn Hanzen

Hartklop Omnibus 4

Malene Breytenbach

Helene de Kock Keur 3

Helene de Kock

Om met vuur te speel

Lucille du Toit

Ena Murray Keur 17

Ena Murray

Christine le Roux Keur 4

Christine le Roux

Elsa Winckler Eerste Keur

Elsa Winckler

Sophia se beskermengel

Malene Breytenbach

Onverwags myne

Susan Pienaar

Schalkie van Wyk Keur 15

Schalkie van Wyk

Louisa du Toit Omnibus 12

Louisa du Toit

Legkaart van die liefde

Renda de Waal

Die eks-noodgeval

Cecilia Steyn

Helena Hugo Eerste Keur

Helena Hugo

Omdat jy my liefhet

Elsa Winckler

Melodie Omnibus 3

Malene Breytenbach

Ena Murray Keur 18

Ena Murray

In my drome

Malene Breytenbach

Ter wille van geluk

Naretha Franken

Droomberig

Luné Olivier

Ultrasatyn 3

Lucille du Toit

Fransi en die filmster

Anita du Preez

Satyn Omnibus 8

Ettie Bierman

Op liefde se drumpel

Elza Rademeyer

Operasie droomvrou

Jade Mc Menamin

Helene de Kock Keur 4

Helene de Kock

Ena Murray Keur 19

Ena Murray

Mooier as Marilyn

Anita du Preez

Helena Hugo Tweede Keur

Helena Hugo

Christine le Roux Keur 5

Christine le Roux