2022 UJ Letterkunde-toekennings (Afrikaans): Kortlyste
13 April 2022
Die 2022 UJ letterkundepryse (Afrikaans) se kortlyste is Dinsdag, 12 April aangekondig. Die kortlys vir die UJ-prosaprys is (in alfabetiese volgorde volgens skrywers):
Kompoun deur Ronelda Kamfer (Kwela)
Dol heuning deur S.J Naudé (Umuzi)
Die getuienis deur Francois Smith (Tafelberg)
Voorouer. Pelgrim. Berg deur Ingrid Winterbach (Human & Rosseau)
Spesiale melding is ook gemaak van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl (Tafelberg).
Die kortlys vir die UJ-debuutprys is (in alfabetiese volgorde volgens skrywers):
Swatland by Ashwin Arendse (Kwela)
Man op ’n fiets êrens heen deur Frederik de Jager (Protea)
Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte deur Aryan Kaganof (Naledi)