#PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene

Cecilia Steyn

ISBN:

9780798175319

Uitgewer:

Human & Rousseau

Datum Vrygestel:

Junie 2017

Prys (incl. VAT):

R 140,00

Formaat:

Sagteband, 128pp


Oor hierdie boek:

Zoe en Zoya is ? identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak dinge gekompliseer. Zoe móét net beheer kry van haarself. En beslis en absoluut totaal en al nie staan en verlief raak op haar sussie se kêrel nie!