Hierdie elfde, omvattend herbewerkte uitgawe bied (naas bestaande hoofstukke oor wisselvorme, getalle ens.) twee nuwe hoofstukke wat onderskeidelik leestekens en trappe van vergelyking bereël. Bestaande reëls is aangepas en word
eenvoudiger verduidelik. Nuwe lyste bied duidelike leiding oor plekname in die Ooste, landname met hul geldeenhede en ISO-kodes, en elemente in die periodieke tabel. Skryfhulp oor transliterasie, Omgangsafrikaans en die SI-stelsel maak dié uitgawe 'n volledige hulpbron.