Wanneer gebruik jy hanged en wanneer hung in
Engels, en wat van me en I? wat is die verskil tussen Afrikaans en Engels se gebruik van die
getalle miljoen, miljard, biljoen en triljoen?
Die antwoorde hierop en ook op talle ander Engelse taalkwessies word in
die vierde, bygewerkte uitgawe van The
Write Stuff gegee. Hierdie handige gids fokus
op tipiese probleme waarmee niemoedertaalsprekers worstel wanneer hulle in
Engels moet skryf, en bied waardevolle wenke oor Engelse skryftaal.