Waar kom die woord “bluetooth” vandaan? Hoe het jy seks in die ruimte? Watter Engelse sokkerstadion grens aan Bloemfontein-weg en South Africa-weg? Dit is slegs 'n paar van die vrae wat luisteraars aan die formidabele John Maytham gestel het om sy uitsonderlike algemene kennis te toets in die Rapid Fire-insetsel op 567 CapeTalk se laatmiddagprogram. Kyk saam met die veteraanomroeper na die vreemdste en mees obskure vrae - en word verras deur die antwoorde.