Mans word deesdae gekonfronteer met ’n ál vinniger veranderende
wêreld wat bestaande sekerhede ondermyn. Hiermee help Johan
Ferreira, ’n bekende Johannesburgse voorligtingsielkundige, in dié
boek. Sy deurleefde raad vol gesonde verstand en praktiese voorbeelde
bied nuwe perspektiewe op uitdagings soos: verhoudings, gemoedsprobleme, traumatiese ervarings, lewensfase-uitdagings en allerlei soorte verslawing.
Vir mans is vir elke man wat daarna streef om ’n vervulde lewe te lei.